# Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Blade Nzimande, sê sterrekunde bly een van Suid-Afrika se voorkeur-bedrywe. Hy sê bouwerk aan die Square Kilometer Array in die Noord-Kaap vorder goed, en dit sal na verwagting teen 2030 voltooi wees. Die SKA-sterrewag-lidlande se algehele buitelandse belegging in Suid-Afrika vir die SKA Mid-Array is 9,5-miljard-rand. Nzimande sê uit hierdie bedrag word 3,2-miljard-rand aan die Suid-Afrikaanse Radio Astronomie Sterrewag en Suid-Afrikaanse ondernemings toegeken deur middel van boukontrakte.
Minister Nzimande sê sterrekunde is steeds ‘n voorkeur-bedryf in die land