# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê alhoewel Suid-Afrika buitelandse kapitaal wil hê, wil hy op tuisgrond prosessering-, vervaardiging- en verwerkingsvermoë bou. Die land het in die tweede kwartaal vanjaar regstreekse invloei van buitelandse beleggings van 49,8-miljard-rand aangeteken. Minister Ntshavheni sê die land se energie-, telekommunikasie- en myn-reëls word deur Suid-Afrikaners volgens die Grondwet gemaak om hul ontwikkeling te dien. Sy sê die land bepaal sy plaaslike beleid volgens die beste belang van sy burgers en gee regverdige marktoegang vir alle vennote.
Minister Ntshavheni sê Suid-Afrika bepaal sy plaaslike beleid volgens die beste belange van sy burgers