# Die Ministerie van Verdediging en Militêre Veterane distansieer homself van opmerkings wat generaal Rudzani Maphwanya van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in Iran gemaak het. Hy en Iran se weermagbevelvoerder, majoor-generaal Amir Hatami, het volgens berigte hul lande se gemeenskaplike doel om globale arrogansie en aggressiewe koloniale benaderings te beveg, geloof. Maphwanya het ook Israel se vermeende aanvalle op Palestyne wat in rye staan vir kos, veroordeel. Die ministerie se woordvoerder, Onicca Kwakwa, sê minister Angie Motshekga sal met Maphwanya praat:
Minister Motshekga ontmoet SANW-hoof oor sy opmerkings in Iran [KLANK]
ENG KwakwaOnMaphwanyaComments