# Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, sê die jongste kwartaallikse arbeidsmagpeiling se uitslag skets ʼn kommerwekkende prentjie van die Suid-Afrikaanse arbeidsmark. Die land se werkloosheidsyfer het in die eerste kwartaal vanjaar met 1,3-persentasiepunte tot 32,7-persent gestyg nadat 301-duisend mense hul werk verloor het. Die ministerie se woordvoerder, Thobeka Magcai, sê hulle is bewus van die moeilike sosio-ekonomiese werklikhede wat miljoene landsburgers raak terwyl hulle voortgaan om volhoubare werksgeleenthede te soek:
Minister Meth bekommerd oor hoë werkloosheidsyfer, veral onder jongmense [KLANK]
ENG MagcaiONUnemployment