# Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het in Gqeberha in die Oos-Kaap, die St Peter’s Rainbow Village in South End amptelik as ‘n nasionale erfenisterrein ingewy. Die terrein, voorheen die St Peter’s Anglikaanse Kerk, is deur die Mandelabaai-ontwikkelingsagentskap gerestoureer ter ere van die gemeenskap wat in die 1960’s deur gedwonge verskuiwings ontwortel is. Die minister het die terrein se belangrikheid as ‘n simbool van veerkragtigheid en kollektiewe geheue beklemtoon: