Skip to content

Minister McKenzie beskryf Mimi Coertse as ‘n blywende simbool van SA uitnemendheid

# Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het die afsterwe van die internasionaal bekroonde Suid-Afrikaanse opera-legende, Mimi Coertse, as ‘n groot verlies vir die kuns- en kultuurgemeenskap beskryf. Die 93-jarige is in haar huis in Pretoria oorlede. In haar uitmuntende loopbaan wat oor dekades gestrek het, het sy in van die wêreld se mees ikoniese operas opgetree, insluitend Mozart se Die Towerfluit as die Koningin van die Nag en Richard Strauss se Ariadne auf Naxos as Zerbinetta. McKenzie sê Coertse was ‘n nasionale skat en ‘n blywende simbool van Suid-Afrikaanse uitnemendheid.