Skip to content

Minister Mchunu veroordeel gruwelike magsmisbruik by Tshwane SAPD-akademie [KLANK]

# Die Minister van Polisie, Senzo Mchunu het die beweerde verkragting van ’n leerling-polisielid deur ’n instrukteur by die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Opleidingsakademie in Tshwane ten sterkste veroordeel. Die verdagte is in hegtenis geneem en sou vandag in die hof verskyn. Mchunu het die voorval as ’n gruwelike misbruik van mag en ’n skending van vertroue beskryf. Die woordvoerder van die ministerie, Kamogelo Mogotsi, het die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat gevra om toe te sien dat geregtigheid geskied:

ENG MogotsiOnTrainee