# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, sê hy verwelkom president Cyril Ramaphosa se besluit om hom met onmiddellike ingang op spesiale verlof te plaas. Dit is terwyl ʼn kommissie van ondersoek bewerings deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, ondersoek. Hy beskuldig die minister dat hy inmeng by sensitiewe polisieondersoeke en met sakepersone, insluitend moordbeskuldigdes, saamgespan het om die taakspan oor politieke moorde te ontbind. Mchunu se woordvoerder, Kamogelo Mokgotse, sê die minister ondersteun die proses:
Minister Mchunu respekteer Ramaphosa se besluit om hom op spesiale verlof te plaas [KLANK]
ENG MokgotseOnCommitment