Skip to content

Minister Malatsi sê R7,8-miljard digitale begroting sal toegang en groei uitbrei

# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi het sy 2025/26 begroting ter tafel gelê, met die aankondiging van ’n toekenning van 7,8-miljard-rand in die mediumtermyn-bestedingsraamwerk om digitale toegang, innovering en insluiting aan te dryf. Sleuteltoekennings sluit in 710-miljoen-rand vir SA Connect, 704-miljoen-rand vir die SABC, 588-miljoen-rand vir die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika, en agt-miljard-rand vir die Suid-Afrikaanse Poskantoor. Die minister sê die begroting beoog om digitale geleenthede en inklusiewe groei in onderbediende gemeenskappe aan te wakker.