Skip to content

Minister Macpherson stel inisiatief bekend waarvolgens munisipaliteite aangeneem word om infrastruktuur mislukkings te keer [KLANK]

# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het loods-ooreenkomste met drie munisipaliteite gesluit om plaaslike infrastruktuurlewering te versnel. Ingevolge ‘n nuwe inisiatief waarvolgens munisipaliteite “aangeneem” kan word, sal Metsimaholo in die Vrystaat, uMngeni in KwaZulu-Natal, en Govan Mbeki in Mpumalanga ondersteuning ontvang om projekbeplanning te verbeter, koste-oorskrydings te verminder en werk van beter gehalte te verseker. Macpherson sê die 24-maande vennootskappe sal hopelik ‘n einde bring aan mislukte infrastruktuurprojekte en werklike verandering in gemeenskappe te weeg bring.

 

ENG MacphersonOnMunicipalities