Skip to content

Minister Macpherson sit sy Openbare Werke luister-toer in Gauteng voort

# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sal die Gauteng-been van die Uitgebreide Openbare Werke-program se luistertoer in Johannesburg begin. Die toer gee gemeenskappe die geleentheid om hulle ondervindings te deel. Die ministerie sê dit sal help om die visie te hervorm van programme wat gemik is op lang-termyn sosio-ekonomiese bemagting. Daarbenewens sal die minister ook ’n gradeplegtigheid behartig vir deelnemers aan die EPWP Nasionale Jeugdiens wat in ambagte gekwalifiseer het.