# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê hy is bemoedig dat die bousektor ‘n rol begin speel om betekenisvol werk en geleenthede vir Suid-Afrikaners te bied. Volgens die jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname is 130-duisend nuwe werksgeleenthede in die bousektor in die derde kwartaal van 2025 geskep. Dit verteenwoordig byna die helfte van die nuwe werksgeleenthede in die land. Macpherson sê met die hervormings wat met die Suid-Afrikaanse Bou-aksieplan ingestel word, sal die bedryf selfs meer tot werkskepping bydra.
Minister Macpherson sê die bousektor kan ‘n belangrike bydraer tot werksgeleenthede in die land wees