Skip to content

Minister Macpherson hou belofte om nuwe kontrakteur vir Sarah Baartman-sentrum aan te stel

# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het die Sarah Baartman Herdenkingsentrum in Hankey, Oos-Kaap, formeel aan ‘n nuut aangestelde kontrakteur oorhandig. Dit volg nadat die projek vir meer as ‘n dekade vertraag is. Hy sê die onvoltooide sentrum het ‘n bron van skaamte geword en eerbiedig nie die pynlike geskiedenis en blywende nalatenskap van Sarah Baartman met die waardigheid en respek wat sy verdien nie. Die minister sê die aanstelling van die nuwe kontrakteur is ‘n beslissende stap om die projek uiteindelik te voltooi.