Skip to content

Minister Macpherson gaan gebouramp in George herdenk

# Die minister van Openbare Werke, Dean Macpherson, herdenk vandag die gebouramp in George van ‘n jaar gelede. Vyf-en-dertig mense is dood en 28 beseer toe die gebou ineengestort het. Macpherson gaan voor die seremonie in die stadsaal privaat met die slagoffers se naasbestaandes praat oor die ondersoekproses. Sy departement finaliseer ook ‘n verslag oor professionele aanspreeklikheid in die bou-omgewing.