# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika volg ʼn onafhanklike buitelandse beleid wat stewig gevestig is in die beginsel van onverbondenheid, en sal nie van buite voorgeskryf word nie. Hy het gereageer op opmerkings van die Amerikaanse ambassadeur in Pretoria, Leo Brent Bozell, wat gesê het adjunkpresident Paul Mashatile se besoek aan China en Iran se adjunkminister van Buitelandse Sake, Saeed Khatibzadeh, se besoek aan Pretoria ondermyn Suid-Afrika se standpunt van onverbondenheid. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê die minister het beklemtoon onverbondenheid moet nie met neutraliteit verwar word nie:
Minister Lamola sê Suid-Afrika se onverbondenheid moenie met neutraliteit verwar word nie [KLANK]
ENG PhiriOnNonAlignment