# Die ANC-NUK-lid en minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, sê die bes gekwalifiseerde persoon sal aangestel word as Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika. Daar is oproepe dat president Cyril Ramaphosa ʼn wit persoon aanstel om Ebrahim Rasool te vervang terwyl die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, oud-DA-leier Tony Leon aanbeveel. Die pos is beskikbaar sedert Rasool uit Amerika verban is omdat hy president Donald Trump en sy administrasie van meerderwaardigheid beskuldig het. Lamola sê die ANC is nierassig:
Minister Lamola sê bes gekwalifiseerde persoon, ongeag ras, sal volgende ambassadeur in VSA wees [KLANK]
ENG LamolaOnAmbassador