# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê klagtes oor vreemdelingehaat in Suid-Afrika ondermyn die land se buitelandse beleid, in besonder sy beskouiing oor menseregte. Lande insluitend Ghana, Nigerië, Mosambiek en Lesotho is bekommerd oor hul burgers wat xenofobiese geweld in die land ondervind. Lamola sê daar is geen manier waarop migrasie hanteer kan word sonder om die dryfvere in ag te neem wat hulle gedwing het om hul tuislande te verlaat om na Suid-Afrika te kom nie.
Minister Lamola sê klagtes oor xenofobiese aanvalle ondermyn SA se buitelandse beleid