# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Solidariteit se jongste besoek aan Amerika is ‘n doelbewuste strategie om die regering se verhouding met Washington te ondermyn. Die Solidariteitsbeweging, ‘n sambreelliggaam vir verskeie Afrikaanse belangegroepe insluitend AfriForum en Solidariteit, voer aan die hoofdoelwit van sy besoek was om handelsbetrekkinge te bespreek. Lamola het aan Daily Maverick gesê die drukgroep ondermyn Suid-Afrika se verhouding met Amerika want hy verdraai die land se swartbemagtigings- en regstellende aksie-beleid.
Minister Lamola kritiseer Solidariteit se jongste besoek aan Amerika