Skip to content

Minister Lamola bied tiende jaarlikse Gertrude Shope-dialoogforum aan

# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, bied vandag in Pretoria die tiende jaarlikse Gertrude Shope-dialoogforum aan. Die ANC-staatmaker is in Mei oorlede, drie maande voor haar honderdste verjaarsdag. Lamola se departement sê die forum is gestig as ruimte vir vroue om ondervinding, kennis en die beste maniere om vrede te maak te deel. Daarby het die forum ontwikkel as platform wat die respek van die plaaslike en internasionale gemeenskap geniet.