# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het sy hartseer uitgespreek na die dood van Suid-Afrika se hoë kommissaris in Kenia, Mninwa Mahlangu. Hy is Sondag na ʼn kort siekbed in die hospitaal oorlede. Mahlangu was ook geakkrediteer as Pretoria se ambassadeur in Somalië en permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies se kantoor in Nairobi. Hy was ook ondervoorsitter en later voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies. Dirco-woordvoerder Chrispin Phiri sê Mahlangu was ʼn ware patriot:
Minister Lamola betreur die dood van ambassadeur Mahlangu [KLANK]
ENG PhiriOnMahlangu