Skip to content

Minister Lamola betreur die afsterwe van SA-ambassadeur in die Ivoorkus, Zolani Mtshotshisa

# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het sy hartseer uitgespreek oor die afsterwe van Suid-Afrika se ambassadeur in die Ivoorkus, Zolani Mtshotshisa, in ‘n hospitaal in Suid-Afrika. Hy was saam met Steve Biko ‘n aktivis in die Black Consciousness Movement voor hy later by die ANC aangesluit het. Lamola sê Mtshotshisa was toegewy aan die handhawing van goeie politieke, diplomatieke, ekonomiese en mense-verhoudinge tussen Suid-Afrika en die Ivoorkus.