Skip to content

Minister Kubayi vra polisie om Oos-Kaapse aanklaer se moordenaars vas te trek

# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het die polisie gevra om alles in hul vermoë te doen om die moordenaars van die Oos-Kaapse aanklaer, Tracy Brown, vas te trek. Die minister het gister die vermoorde aanklaer se gedenkdiens bygewoon. Brown, wat by die New Brighton-landdroshof in Gqeberha gewerk het, is verlede Donderdag vermoor. Kubayi sê sonder beskerming sal aanklaers nie hul pligte sonder vrees of guns kan doen of hul onafhanklikheid kan uitoefen nie.