# Die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, verwelkom die lewenslange vonnisse wat aan Kelly Smith, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn opgelê is vir die ontvoering en mensehandel verlede jaar met Smith se dogter, Joshlin Smith. Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap het bevind dat die drie geen berou getoon het nadat hulle Joshlin vir 20-duisend-rand verkoop het nie. Die woordvoerder van die Ministerie, Terrence Manase, sê die uitspraak, wat tydens Nasionale Kinderbeskermingsweek gelewer is, stuur ‘n sterk boodskap dat misdade teen kinders nie ongestraf sal bly nie:
Minister Kubayi verwelkom fel vonnisse in Joshlin Smith-saak [KLANK]
ENG ManaseOnTraffickingSentence