# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het vyf bykomende lede aangestel op die Suid-Afrikaanse Regshervormingskommissie se Raadgewende Komitee vir die Hersiening van die Strafregstelsel. Hulle sluit aan by agt lede wat in 2023 aangewys is. Onder die nuwe lede is professor Geert Philip Stevens van die Universiteit van Pretoria, en ‘n lid van die Nasionale Advokate-forum, Charlie Eric Mhlari. Die projek is gemik op die hersiening van die Strafproseswet, teneinde dit in ooreenstemming te bring met die Grondwet, slagoffers voorop te stel en regsprosesse te moderniseer.
Minister Kubayi stel nog lede aan op Strafreg-hersieningskomitee