# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê as die brug tussen burger en staat, is die uitdaging vir parlemente wêreldwyd om hoop in doelgerigtheid en belofte in aksie te verander. Sy het die geleentheidsrede gelewer by die G20 Parlementêre Speakers-beraad wat in Kaapstad gehou is. Kubayi sê wêreldwye solidariteit is ver verwyderd van die alledaagse werklikhede soos toegang tot werk, gesondheidsorg, onderwys en ‘n goeie lewensgehalte. Sy sê dis parlemente se plig om instellings nader aan die mense te bring en vertroue te herstel.
Minister Kubayi sê parlemente is ‘n noodsaaklike brug tussen burgers en staat