# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy het ‘n vermindering in padongelukke vir die eerste twee maande van die jaar aangekondig. Daar was ‘n tien-persent vermindering in Januarie en 25-persent in Februarie in vergelyking met verlede jaar. Daar was meer as drie-duisend dronkbestuur-arrestasies, 12-duisend onwettige voertuie is geskut, en 21-duisend-282 spoedoortredings is aangeteken. Die hoogste aantal voetgangersterftes was in Gauteng, Wes-Kaap en KwaZulu-Natal. By die bekendstelling van die Paasnaweek Padveiligheidsveldtog het Creecy gesê dat bestuurder- en voetgangergedrag verantwoordelik is vir 87-persent van padongelukke en sterftes:
Minister kondig ‘n vermindering in padongelukke aan vir eerste deel van 2025 [KLANK]
ENG CreecyOnAccidentsStats