# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die Nasionale Tesourie moet die toepassing van finansiële bestuursvereistes balanseer met die nodigheid om te keer dat gemeenskappe die gevolge dra van munisipale instellings en amptenare se mislukkings. Die Tesourie gaan die oorblywende befondsing van 7,1-miljard-rand vrystel wat weens growwe finansiële versuim van munisipaliteite weerhou is. Godongwana sê briewe sal aan premiers en LUR’e vir Finansies gestuur word met streng vereistes vir oorweging in die terughouding van die fondse vir Desember:
Minister Godongwana waarsku munisipaliteite om voor Desember vereistes vir finansiële bestuur na te kom [KLANK]
ENG GodongwanaOnMunicipalities