# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, verwerp oproepe dat hy bedank nadat hy die beplande BTW-verhoging van 0,5-persentasiepunte omgekeer het. Die voorstel dat BTW oor twee jaar met een-persent verhoog word, moes die staatskas aanvul, maar het teenstand gekry van sommige politieke partye en die sakesektor. Die skrapping laat ʼn tekort van 75-miljard-rand in die fiskus. Godongwana het aan Reuters gesê sy werk is om geld in te bring en sy besluite hoef nie gewild te wees nie.
Minister Godongwana verwerp oproepe dat hy bedank