Skip to content

Minister Godongwana sê voorgestelde salarispakket van NSFAS-administrateur moet heroorweeg word

# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het voorgestel die salarispakket van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se administrateur, Hlengani Mathebula, word heroorweeg. Mathebula is in Mei deur die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, aangestel nadat die skema onder administrasie geplaas is. Sy vergoeding beloop elf-miljoen-rand oor 24 maande terwyl sy vier tegniese raadgewers saam 9,9-milljoen-rand sal kry. Godongwana het aan News24 gesê die salarispakket moet in ooreenstemming wees met die vergoeding van vorige administrateurs en ander administrateur-aanstellings by universiteite.