# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê ekonomiese groei is Suid-Afrika se hoofprioriteit, en erken dat fiskale beleid alleen nie die groei kan skep wat nodig is om werkloosheid te takel nie. Weens wêreldwye druk het die Nasionale Tesourie sy groeivooruitsig vir 2026 verlaag van 1,6 persent na 1,2 persent. Hy het deelgeneem aan die Kgalema Motlanthe-stigting se Drakensberg Inklusiewe Groei-forum se debat oor ekonomiese groei en werkskepping. Godongwana beklemtoon dat die regering skuld moet beperk om sy vermoë te beskerm om onderwys, gesondheidsorg en ander noodsaaklike dienste te finansier:
Minister Godongwana sê ekonomiese groei is die regering se hoofprioriteit [KLANK]
ENG-GodongwanaOnGrowth