# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens verskerp sy stryd teen onwettige finansiële vloei en die breër onwettige ekonomie. Gedurende die 2024/2025-boekjaar het die diens 10-duisend-142 beslagleggings by doeanes ter waarde van 6,3-miljard-rand aangeteken. Die diens het ook 763,7-miljoen-rand deur brandstof- en petroleumskemas ingevorder en 6,1-miljard-rand in verband met BTW-bedrog en die onwettige handel in goud. In reaksie op ‘n parlementêre vraag sê Godongwana hierdie resultate toon die werk van die Inkomstediens om onwettige finansiële vloei te bekamp, is aktief en gekoördineerd en kan verbind word met die regstreekse verhaling van inkomste.
Minister Godongwana sê die Inkomstediens is besig om onwettige finansiële vloei aan bande te lê