# Die Nasionale Tesourie het bevestig dat die minister van Finansies, Enoch Godongwana, die mediumtermyn-begroting op 12 November ter tafel sal lê. Dié begroting, wat tradisioneel in Oktober ter tafel gelê word, bied ‘n geleentheid vir die minister om hersienings aan te bring aan die nasionale begroting en addisionele geld toe te ken waar nodig. Die Tesourie sê weens die laat lewering van die Februarie-begroting, wat in Mei ter tafel gelê is, en die behoefte aan beraadslaging met partye in die regering van nasionale eenheid voor dit ter tafel gelê word, het minister Godongwana die November-datum versoek.
Minister Godongwana gaan die mediumtermynbegroting in November ter tafel lê