Skip to content

Minister Godongwana bevestig BTW-verhoging tree op 1 Mei in werking ondanks politieke teenkanting

# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het bevestig die BTW-verhoging van ‘n halwe persentasiepunt sal op 1 Mei voortgaan soos beplan, ondanks regstappe deur die DA en EFF. Godongwana voer in hofstukke aan die BTW-verhoging is nodig om besnoeiings in besteding aan openbare dienste, of verdere skuld te vermy. Hy het die DA se bewering dat die BTW-verhoging ongrondwetlik is, van die hand gewys aangesien die wet hom toelaat om sulke verhogings aan te kondig, mits die Parlement dit goedkeur. Die saak word Dinsdag in die Wes-Kaapse Hooggeregshof aangehoor.