Skip to content

Minister George waarsku oor swaar strawwe vir nie-nakoming van regulasies vir brandstofoordrag ter see

# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê die nuwe regulasies om skip-tot-skip-brandstofoordrag in Suid-Afrikaanse gebiedswater te beheer, is ʼn belangrike stap om die oseane te beskerm. Die regulasies stel ʼn risiko-gebaseerde stelsel bekend om skade te voorkom wat brandstof-oordrag ter see kan veroorsaak. George sê nie-nakoming kan tot swaar strawwe lei, insluitend boetes van tot twee-miljoen-rand of vyf-jaar-tronkstraf, of albei.