# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê hulle verwelkom projekte wat Suid-Afrika se vermoë vir hernubare energie bevorder en moedig dit aan. Dit volg na die onlangse bekendstelling van die Gemeenskap- en Privaat Hernubare-energiesektor: Verspreiding van Voordele vir Maatskaplike Ontwikkeling in Suid-Afrika. Dis ʼn navorsingsprojek wat wil bepaal hoe privaat belegging in hernubare energie in die land kan bydra tot billike maatskaplike ontwikkeling. Minister George sê die land kan ʼn veerkragtige, insluitende en omgewingsvolhoubare sektor ontwikkel wat pogings tot volhoubare ekonomiese groei ondersteun.
Minister George verwelkom navorsingsprojek vir hernubare energie