Skip to content

Minister George sê Suid-Afrikaanse plastiek-ooreenkoms is suksesvol

# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê die Suid-Afrikaanse Plastiekpakt se sukses inspireer die regering om beleid te verfyn en sy leierskap in die wêreldwye herwinningsekonomie te versterk. Die ooreenkoms, onder leiding van GreenCape, verenig 50 organisasies wat 35-persent van die land se plastiek-ekonomie verteenwoordig. George sê die pakt het goeie vordering gemaak met sy 2025-doelwitte, soos om die gebruik van plastiekstrooitjies met 91-persent te verminder, ‘n herwinningskoers van 45-persent te bereik en te sorg dat verpakking 18-persent méér herwinde materiaal bevat.