Skip to content

Minister George sê SA maak vordering met vermindering van koolstofvrystellings

# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê beduidende vordering is gemaak met die vermindering van koolstofvrystellings as deel van Suid-Afrika se Billike Energie-oorgang. Suid-Afrika is onder die top 15 grootste koolstofdioksied-uitlaters wêreldwyd. Minister George sê die onlangs gepubliseerde konsep-regulasies vir die Nasionale Kweekhuisgas-koolstofbegroting en -versagtingsplan sal die land se oorgang na ‘n lae-koolstof, klimaatsveerkragtige ekonomie vergemaklik. Hy voeg by nog ‘n poging tot koolstofvrystellingsvermindering is die strenger vrystellings vir Eskom-kragstasies.