# President Cyril Ramaphosa het die Wet op Klimaatsverandering onderteken wat gister van krag geword het. Nie alle wetsbepalings het egter in werking getree nie omdat die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing besig is met die ontwikkeling van ‘n stel regulasies wat die instelling moontlik sal maak. Minister Dion George sê die wet sal die ontwikkeling van doeltreffende klimaatsveranderingsbeleid en die langtermyn-oorgang na ‘n lae-koolstof-ekonomie en -samelewing moontlik maak. Hy sê dit het ook ten doel om die grondslag te lê vir ‘n veerkragtige groen ekonomie.
Minister George kondig aan die Wet op Klimaatsverandering is nou in werking