Skip to content

Minister George beklemtoon regverdigheid in toekenning van visvangregte

# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê regverdigheid en deursigtigheid is ononderhandelbaar in die toekenning van visvangregte. Die departement het permitte om klein diepseevisse soos ansjovis en sardyne te vang, tot 3 Oktober verleng. Dit is genoodsaak hangende die hofuitspraak oor die afhandeling van appèlaansoeke in die 2021/22-visvangregte-toekenningsproses vir die klein pelagiese sektor. Minister Dion George sê hulle moet alle regsake oplos voor hulle besluite neem wat die houers van regte en die sektor se volhoubaarheid raak.