# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het amptelik Toerismemaand in KwaZulu-Natal bekendgestel en Suid-Afrikaners aangespoor om hul eie land te verken. De Lille sê binnelandse toerisme bly ‘n hoeksteen van ekonomiese groei, wat werksgeleenthede, entrepreneurs en gemeenskappe ondersteun. Sy sê Suid-Afrikaners het 21,2-miljoen oornagreise in die eerste helfte van die jaar onderneem, met vakansiereise wat met 36-persent gestyg het. Die minister moedig bekostigbare reise aan deur Sho’t Left-inisiatiewe, en beklemtoon tegnologie en kunsmatige intelligensie as geleenthede om toerisme te laat groei.
Minister de Lille stel Toerismemaand bekend