Skip to content

Minister De Lille sê plaaslike toerisme bly die basis van sterk toerismesektor

# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê die regering toon vertroue in die toerismesektor met ‘n voortgesette belegging in die infrastruktuur om ekonomiese groei en werkskepping te versterk. Die departement het 2,54-miljard-rand vir die 2026/2027 boekjaar ontvang. Toerisme het in 2024 meer as 954-duisend regstreekse werksgeleenthede ondersteun en 4,9-persent tot die bruto binnelandse produk bygedra. De Lille sê plaaslike toerisme bly die basis van ‘n sterk toerismesektor. Sy sê 22 projekte uit die openbare en privaatsektor word tans gekeur om te bepaal of beleggings gedoen moet word.