# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê die Afrika Reis-indaba is die trots van toerisme op die vasteland. Die indaba, wat in Durban aangebied word, begin vandag met die tema: Onbeperkte Afrika. Verlede jaar se indaba het 226-miljoen-rand vir Durban verdien, en ‘n bykomende 333-miljoen-rand regoor die provinsie. Vanjaar se indaba verwelkom meer as eenmiljoen-300 uitstallers, afgevaardigdes van 27 Afrikalande en meer as eenmiljoen-200 gekeurde internasionale kopers van 55 bronmarkte. De Lille sê die indaba is ‘n voertuig om werksgeleenthede te skep.
Minister De Lille sê die Afrika Reis-indaba is ‘n voertuig vir werkskepping