# Die minister in die Presidensie vir Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, verteenwoordig Suid-Afrika by die Kopenhagen-beraad oor geslagsgelykheid, en vroue en meisies se regte in Denemarke. Die beraad vind vandag en môre plaas en beoog om wêreldwye samewerking te versterk, en bevordering van geslagsgelykheid en die realisering van vroue en meisies se regte te bespoedig. Chikunga sê Suid-Afrika se deelname herbevestig die land se toewyding aan geslagsgelykheid, menseregte, waardigheid en geen diskriminasie nie. Sy sê geslagsgelykheid moet tasbare verbetering in vroue en meisies se lewens bring.
Minister Chikunga verteenwoordig Suid-Afrika by Geslagsgelykheidsberaad in Denemarke