Skip to content

Minister Chikunga neem deel aan dialoog oor ingryping by vroue in handelswêreld

# Die minister in die Presidensie vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, neem Vrydag deel aan ‘n dialoog oor vroue in die handelswêreld by die Sandton-konferensiesentrum in Gauteng. Dit is deel van die Vrouemaand-herdenking met die tema, Die Bou van Veerkragtige Ekonomieë vir Almal. Die minister gaan ‘n paneelbespreking lei, wat fokus op die finansiële insluiting van vroue. Die geleentheid sal onder meer fokus op die ondersteuning van vroue in die informele ekonomie in belangrike ekonomiese sektore.