# Die minister van Landbou, Willie Aucamp, sê hy gaan die Nywerheidskoördineringsraad se opdrag uitbrei om groter klem te plaas op die uitrol en praktiese instelling van die plan teen bek-en-klouseer. Hy sê daar sal spesifieke verwysing wees na boere wat nou toegelaat word om hul eie diere in te ent. Die raad is saamgestel om die nasionale instelling van die Bek-en-klouseer-strategie te ondersteun. Dit sluit in entstofverspreiding, naspoorbaarheid en siektebeheer. Tot op hede is 17-miljoen entstofdosisse na Suid-Afrika ingevoer om die nasionale strategie te ondersteun.
Minister Aucamp brei raad wat nasionale bek-en-klouseer-strategie instel se opdrag uit