# Die Minerale Raad van Suid-Afrika sê die optimalisering van die regulatoriese omgewing is die sleutel tot die ontsluiting van die volle ekonomiese potensiaal van die mynboubedryf. Die bedryf het verlede jaar 470-miljard rand tot huishoudelike inkomste bygedra en meer as 3,5-miljoen mense, insluitend werkers en verskaffers, ondersteun. Die sektor het 342-miljard-rand in belasting betaal, 160-miljard-rand in toerusting en infrastruktuur belê, en 248-miljard-rand se minerale plaaslik verkoop. Allan Seccombe van die raad sê ‘n bestendige, beleggersvriendelike omgewing sal mynbou, werkgeleenthede en ekonomiese groei ‘n hupstoot gee.
Minerale Raad sê Suid-Afrika se mynbounywerheid dra R470-miljard by tot huishoudelike inkomste