Skip to content

Mexikaanse senatore raak handgemeen oor beweerde oproepe vir VSA om militêr in te gryp teen dwelmkartelle

# Mexikaanse senatore het handgemeen geraak na ‘n hewige debat oor beweerde oproepe deur die opposisie dat Amerika militêr teen dwelmkartelle moet ingryp. Die leier van die opposisie-PRI-party, Alejandro Moreno, het na die podium gegaan en Senaatspresident Gerardo Fernandez Norona van die regerende Morena-party, woedend gekonfronteer omdat hy nie ‘n spreekbeurt gegee is nie. Moreno het in ‘n video, wat deur Mexiko se Senaat op sosiale media geplaas is, Fernandez Norona verskeie kere gestoot, hom teen die nek klap en ‘n ander man op die grond gedruk toe hy probeer ingryp het.