# ’n Switserse studie wat in Nature gepubliseer is, het onthul dat menslike aktiwiteit gelei het tot ’n afname van byna 20-persent in globale biodiversiteit. Navorsers het data van twee-duisend-100 studies ontleed en 50-duisend bewerkte en ongerepte gebiede vergelyk. Die studie het habitatverandering, hulpbronontginning, klimaatsverandering, besoedeling en indringerspesies as die vyf sleuteldrywers geïdentifiseer. Die navorsers sê ook die menslike impak op natuurlewe verskil volgens ligging, asook die mate waarin biodiversiteit deur menslike aktiwiteit uitgedun is.
Menslike aktiwiteit lei tot 20% daling in globale biodiversiteit