Skip to content

Meer as 7 000 groot geboue reeds geregistreer vir uitreiking van sertifikate vir energieprestasie [KLANK]

# Die adjunkminister van Elektrisiteit en Energie, Samantha Graham-Maré, het aangekondig dat meer as seweduisend geboue voor die Desember-sperdatum vir ‘n Energieprestasiesertifikaat geregistreer het. Altesaam drie-duisend-884 sertifikate is sedert Desember 2020 uitgereik, met Gauteng wat voorloop met een-duisend-689. Ingevolge die Nasionale Energiewet moet staatsgeboue van meer as een-duisend vierkante meter en kommersiële geboue van meer as twee-duisend vierkante meter die sertifikate vertoon. Graham-Maré moedig eienaars van groot geboue aan om te registreer, met die doel om ‘n teiken van 60-duisend te bereik:

AFR Graham-MaréonElectricity