# Meer as 50 lande, stede, en organisasies het hulle verbind tot die vermindering van lugbesoedeling met 50-persent teen 2040. Die belofte is gemaak na die Wêreld-gesondheidsorganisasie se tweede konferensie oor lugbesoedeling en gesondheid in Colombië. Lugbesoedeling is jaarliks verantwoordelik vir sewe miljoen voortydige sterftes en is nou die tweede grootste wêreldrisikofaktor naas hoë bloeddruk. Die WGO se direkteur-generaal, Tedro Adhanom Ghebreyesus, sê daar is ‘n dringende behoefte aan beleggings in volhoubare oplossings soos skoon energie en volhoubare vervoer.
Meer as 50 lande beloof om lugbesoedeling se gesondheidsinvloed teen 2040 in te perk